Description
Omnibus 28 sluit drie prag verhale in deur een van die mees gewildse skrywers in Afrikaans
Tromme van onheil (1984): Anka het nooit kon raai watter avonture haar besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Niu-Guinee sou inhou nie. Eers moet sy voorgee sy is tante Izabelle se stiefseutn, Cristo, se nuwe vrou, en dan moet sy nog die onbeskofte lummel vergesel op ‘n “studiereis” al dieper die reënwoude in. En dit saam met Cristo se baie jaloerse eks-verloofde, dr. Verona Morton. Soos die groen mure van die oerwoud al digter om hulle sluit, weerklink die eggo’s van tromme luider en dringender. Een van die dae is dit weer volmaan, en die kannibale eis ‘n slagoffer. Hulle is volkome afgesny van die beskawing, en een van hulle sal sterf…
Die wit koningin (1984): Die mooie Alice skend op 16-jarige ouderdom geboorte aan ‘n dogtertjie in ‘n herehuis kaal gestroop van aardse besittings. Haar man, Lord Wycliffe, beroof haar van haar erfposie en behandel haar slegter as ‘n dienskeng. En dan, na ‘n onbesonne daad een reënerige aand, moet sy vlug voor die gereg. Want in Engeland sal sy voëlvry verklaar word. Die wit koningin is gebaseer op die ware lewensfeite van lady Alice Wycliffe.
Sluiers van wierook (1984): Ida Herbst is vas van plan om haar pa en ‘n span geoloëte vergesel op hul soektog n a water in Roeb-al-Chali, die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Haar nuwe vriendin, Ansie, word egter kort na hul kennismaking ontvoer deur die aantreklike prins Ibrahim Hazik.











