Oor Krygers, Korrelkoppe en Konkelaars – Max du Preez

R100,00

This book is as good as new!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Category:
Book Condition: Like New
ISBN: 9781770220867
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

In Oor Krygers, Korrelkoppe en Konkelaars bewys Max du Preez wéér dat die geskiedenis interessanter – en meer pret – as fiksie kan wees.

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis.

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat ‘n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf.

Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur ‘n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir ‘n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het.

Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; ‘n Duitser wat ‘n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die “Boere-Tarzan” Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt.

Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem – sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel.

Vendor Information