Omnibus 8 – Ena Murray 

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Sagteband
Book Condition : Very good
No. of pages : 488
ISBN Code : 0-624-04321-5
Barcode : 9780624043218
Publisher & Date : Jasmyn in 2005

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 8 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord deur die skrywer.

Heerser van die Quinta (1973): Madeira – juweel in die Atlantiese Oseaan en eiland van uiteenlopende drome. Maria Santos, vasgeketting aan die Portugese tradisie van ‘n vooraf beplande huwelik met Ivo Vidago, verloor haar hart tydens ‘n vlietende fase van Vryheid in Lourenco Marques. Maar sodra haar oom en voog, die trotse duque Zarco de Bianchi, daarvan te hore kom, moet Maria dadelik terug na Madeira. Alta Thyssen, jong weduwee en radio-omroepster, besluit om Maria na Madeira te vergesel en alles op te offer om die twee verliefdes se geluk te verseker. Min kon sy droom dat die offer vir Maria se liefde amper sou beteken dat sy haar eie hart op die altaar moes lê. Want Ivo het ook sy eie verskuilde agenda…

Oos na die son (1976): Pauli behoort al daaraan gewoond te wees dat sy net ‘n skaduwee in professor Louw Hattingh se huis is, en tog… Daar is sekere dinge in die lewe waaraan ‘n vrou net nie gewoond kan raak nie. Soos dat die liefdeshonger doctor Zelia Meyer en Analola, die sensuele Polinesiese danseres met winkende hande, snags in haar man se tent gesien word. Op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland word meer as ‘n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ‘n gru-offer…

Merk van die skarabee (1975): Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, word in Kaïro ontvoer deur ‘n fanatiese kultusgroep. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige Hoessein Abd-el-Rahman ongevraag op om hulle uit nog ‘n penarie te red. Wanneer Elmarie ook ontvoer word en ook in die kloue van die skarabeekultusgroep beland, verdiep die raaisels. Waar pas Hoessein in? En waarom soek almal die goedkoop skarabeehangertjie wat Marcelle vir haar suster by ‘n straatstalletjie gekoop het?

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.