Omnibus 38 – Ena Murray

R150,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Very good
No. of pages : 405
ISBN CODE : 0-624-04143-3
Barcode : 9780624041436
Publisher & Date : Jasmyn in 2003

Book Condition: Very Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 38 drie prag verhale uit die pen van Ena Murray

Die tonnel (1962): Tot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie. Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens ‘n motorongeluk waarin haar ma sterf. Haar pa is ‘n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wêreld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is ‘n losbol en ‘n rokjagter … Toe Markus Rademeyer op sy sterfbed lê, skroei die skuldgevoelens deur sy hart. Wat gaan van sy verlamde dogter word? Want Mynhardt, sy stiefseun, het so ‘n reusebedrag geld by hom geleen dat daar geen sprake is van ‘n goeie erfporsie aan Ilse nie. Maar dan bedink hy ‘n oplossing … Danksy haar vader se testament word Ilse verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. Gelukkkig ken die liefde sy eie tyd.

Keerkring van die hart (1974): Faan Dempers neem ou dronk Joop Burger van die onderdorp se seun in diens as prokureursklerk. Hoe sou hy ooit kon raai dat Kasper nog eendag sy redder sou word – meer nog, sy ydele dogter, Liesel, s’n? Kasper kan nie dink aan ‘n tyd in sy lewe wat hy nie ‘n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel Dempers, op agtien al ‘n ryp jong vrou, in sy hart probeer smoor het nie. Maar Liesel leef net vir swierbol Rob Rabe. Wanneer sy teen haar pa se sin met die jakkals trou, begin die wiel van die lewe draai. Skielik is dit die trotse Liesel wat aan die verloorkant staan. En dan kry oom Faan ‘n hartaanval en smeek hy Kasper om in te gryp. Want hy ken Kasper se geheim, en weet dat die skugter man miskien Liesel se laaste redding kan wees.

En die klippe sal uitroep (1993): Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ‘n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral teenoor die plaaswerkers. Die vurige kampvegter vir menseregte het ‘n hart wat onstilbaar klop … Wat is jy werd as jy nie meer ideale en ‘n gewete het nie? Hoe moet die wêreld ‘n beter plek word as almal net stilbly? Miempie rus nie voordat sy nie die klippe laat uitroep nie …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.