Description
Waar die liefde woon: Verhaal van Trudell, wat haar geheue na ‘n operasie verloor. Die vaderlike liefde van oom Dries wat haar grootgemaak het, en sy geloof dat met liefdevolole toewyding Trudell weer haar geheue sou terugkry en sou kon terugkeer na die normale lewe, na haar man en voskopdogtertjie. In hierdie taak word hy bygestaan deur die jong verpleegster, Erna Joubert, wat saamgaan na Klaarbos om te vergeet van die jong dokter, Steyn van Rheede, wat ‘n ander bo haar verkies het. En op Klaarbos het sy vir Pikkkie ontmoet – Pikkie wat nog al die jare op Trudell verlief was… Uiteindelik is daar niks wat teen die krag van liefde kan standhou nie, want waar die liefde woon, daar woon ook die geluk.












