Omnibus 37 – Ena Murray

R150,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Like New
No. of pages : 396
Book Condition : Afrikaans
ISBN CODE : 0-624-04172-7
Barcode : 9780624041726
Publisher & Date : Jasmyn in 2002

Book Condition: Like New
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 37 drie prag verhale uit die pen van Ena Murray

Die Meissner-kliniek (1990): Die leser ontmoet die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ‘n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ‘n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ‘n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ‘n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogte van dokter Albert Meissner!

Dokter Julene (1991): Julene Meissner verlaat die veilige hawe van die Meissner-kliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van die dogter se bestaan geweet… Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ‘n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ‘n verwende Turkse meisie wat haar rug in ‘n ski-ongeluk beseer het. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van diéTurkse stad…

Die ongebore uur (1992): Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, het een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ‘n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die oorspronklike Meissners vandaan kom…

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.