Description
Omnibus 3: Sluit drie verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.
Seile op die horison (1972): Angelique Viret, diensmeisie van die adellike Jeanette du Val, word omgekoop om in die lelike eengjie se plek na die goewerneursbal vir die markies te gaan. Die belonging? Haar Vryheid … Op een voorwaarde: Aspoestertjie mag geen drome oor ‘n prins op ‘n wit perd koester nie. Sy is bloot die pragtige, vorige pion in die gravin se hande om markies Claude le Grand vir haar eie dogter aan te keer. Maar wat gaan die loon vir hierdie verraad wees?
Satan van Zimbabwe (1974): Dit het alles begin by daardie koerantberig oor die bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees? Of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Bloedhond, Gustaf Lenard volg hierdie bloedlose spoor na Ruined Paradise, gasteplaas van Phil en Nina Andrews in Zimbabwe, waar deurwinterde misdaadverslaggeefster Sandra Steyn toevallig kom vakansie hou. Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke ruïnes, lê die antywoord op al die raaisels. Êrens in die hart van die makabere murasies, wag dit op hulle – Satan self.
Reënboog van koraal (1972): In die idilliese koraaltuin van Inhaca, eilandparadys oos van Maputo, skuil ‘n seekat met gevaarlike tentakels – in die vorm van Hilda Turner. Hoe kon Estelle ooit droom, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings van haar identiese tweelingsuster uit die vuur te gaan krag, dat die paradys ook ‘n slang het? Haar opdrag is eenvoudig: Verbreek Crystelle se verlowing met Hein Albrecht en gee die knewel van ‘n verloofring terug. Min het Estelle kon weet sy moet Hein se ouer broer, Chris Albrecht, nie onderskat nie…












