Description
Omnibus 21 met drie van haar gewildste verpleegsterstories.
Seňor die seerower (1987): Toe die verpleegsuster Andrea Smit ‘n allemintige bedrag in ‘n blokraaiselwedstryd wens, het sy nooit kon raai hoe ingrypend dit haar lewe sou verander nie. Sy was aanvanklik vas van plan om met haar beroep voort te gaan, maar toe haar kollegas bly lol om geld te wil leen, raak die hospitaal vir haar te klein. Toe haar swerwer-pa kort daarna op haar drumpel verskyn en haar nooi om hom op een van sy avotuurtogte te vergesel, willig sy in – min wetend dat haar pad op ‘n tropiese eiland met die van ‘n aantreklike Spanjaard sal kruis; dat sy ‘n skynverhouding met hom sal aanknoop en sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland…
Junior in saal (1979): Leerlingverpleegster Louwrinda Kemp is siek en sat van haar man-mal kollegas se aanhoudende geterg omdat sy nie ‘n vaste kêrel het nie. Sy besluit om hul monde eens en vir altyd te snoer – met ‘n foto van Oumatjie se kleinseun wat sy aan hullle voorhou as haar sleep wat in die buiteland studeer. Toe die mooie man op die foto egter kort daarna in lewende lywe voor haar staan as die nuwe professor in Verloskunde, weet sy nie hoe om haar uit die benarde situasie los te wikkel nie. Binne ‘n dag versprei die nuus dat die junior in saal 7 se verhouding met uiters aantreklike professor Len Landman soos ‘n veldbrand deur die groot stadshospitaal.
Kaalvoet Katryntjie (1977): Katryn Klem sou na haar pa se dood veel eerder saam met die haasbek klein Poens op Skaars-van-als verhongerde katte en honde wou vet voer, afpoot duiwe vertroetel en meerkatte uit slagysters red, maar haar hovaardige voog, Gestus Dumas, het ander planne. Met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy by hom in sy deftige stadshuis moet kom bly – want, meen hy, die kaalvoet mensie wat nie ‘n dag ouers as sestien lyk nie, het vaderlike toesig nodig! Sy moet die rol van kaalvoet Katryntjhie bly speel, en met ‘n hart wat pyn van onverklaarde liefde, moet sy toekyk hoe die sistige Shirley Rossouw haar voog probeer verlei…











