Description
Hibiskusvrou deur Rykie Roux is ’n Afrikaanse liefdesverhaal oor selfontdekking, ’n nuwe kans op liefde en geheime uit die verlede.
Nerita is so besig om ander mense te help om hul ideale pasmaats te vind dat sy haarself nie die kans op ’n verhouding gun nie. Dan ontmoet sy Theuns, ’n man wat haar vrouwees waardeer en haar help om weer die lewe en liefde te omarm. Maar haar nuwe geluk word bedreig wanneer Armand, wat al herhaaldelik na die identiteit van sy pa vra, weer antwoorde soek. Wanneer Nerita besef dat Armand die man reeds ken, dring die verlede onverwags haar hede binne. Sy sal haar langverborge geheim in die oë moet kyk.











