Description
Uitgewer: “Wie gaan die flapteks vir die boek skryf?”
Fanus: “Dis mos die uitgewer se werk.”
Uitgewer: “Vir Fanus se Grapboek het jy dit geskryf.”
Fanus: “Ja, maar ek gaan nie elke keer jou werk doen nie. Is dit juis nodig dat ons ’n flapteks moet hê?”
Uitgewer: “Ons moet jou darem adverteer.”
Fanus: “Die hele boek is ’n advertensie vir my. Ons hoef nie nog die flapteks ook daarvoor te gebruik nie.”
Uitgewer: “Maar ons moet ’n flapteks hê.”
Fanus: “Ek sal jou sê: volgende keer skryf ek die flapteks, dan skryf jy die boek.”





















