Description
Kook en Geniet deur SJA de Villiers bevat:
- meer as 700 eg Suid-Afrikaanse resepte, stap vir stap uiteen gesit
- gesaghebbend, met klassieke resepte soos jou ma dit gemaak het
- alles in een kookboek met basiese advies en praktiese wenke
- onmisbaar in die Suid-Afrikaanse kombuis
Suid-Afrika se mees geliefde kookboek is ewe nuttig vir koskenners en beginners. Kook en Geniet dek alles wat jy ooit oor kook wou weet – van hoe om bestandele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos te vries – naas die weie verskeidenheid vertroude resepte.
Vandat Kook en Geniet in 1951 vir die eerste keer verskyn het, is meer as ‘n miljoen eksemplare gedruk. Dit bly deurgaans ‘n top verkoper, en met ‘n nuwe geslag Suid-Afrikaansers wat wereld wyd woon en werk, het die boek ook ‘n internasionale reisiger geword.
















