Keegan & Samier: Die sokker-fiasko – André Trantraal

R39,00

Hierdie kopie is splinternuut!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB159 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
ISBN: 9780799397680
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Keegan & Samier: Die sokker-fiasko deur André Trantraal is die tweede boek in die reeks.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle ’n heerlike spel. Samia is ’n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan – en hy wil glad nie saam met ’n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds sowel as die bekroonde Keegan en Samier kinderboekreeks. Sy strokiesprent-werk, geskryf in beide Kaaps en Engels, het in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus, Cape Times verskyn en was in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. Sy Kaapse Afrikaanse vertaling van die veel bekroonde middelgraadse roman Ghost, geskryf deur Jason Reynolds, word benoem vir ’n UJ-prys en sy vertalings van die Kaapse gedigte van sy broer, Nathan Trantraal, verskyn in die New England Review. Hy is ’n pionier in die bevordering van geskrewe Kaaps.

Vendor Information

  • Store Name: MimiReads
  • Vendor: MimiReads
  • 5.00 rating from 1 review