Description
Flintie Valsbaard is ‘n slim uitvinder …en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde …Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek – dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan verstop is …Maak net gou, voordat Pappa die hele plek platskiet













