Description
Hoe Verklaar Jy Dit? bevat feite wat deel vorm van ‘n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte. Dit is gebaseer op die gewilde RSG radioprogram met dieselfde titel. Daar is honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik word. Die boek sal steeds jou algemene kennis verbreed.












