Description
Die familieplaas Dwaalpoort is nie meer die plaas van ouds nie. Op die horison is daar rookwolke van veldbrande, en die onrus hou aan groei. Besoekers daag op vir ‘n jagsafari, maar dit dra by tot die krisistyd in die plaas se geskiedenis. Die laaste donker poort lê voor. Die stemme praat…
Bekroon met WA Hofmeyr-prys vir letterkunde 2011.














