Description
Hemel Toe En Terug is Dr. Mary Neal, ortopediese chirurg, se eerlike vertelling vanaf haar kinderjare tot die uiteindelike begrip van haar doel op aarde. Sy vertel hoe sy in 1999 werklik verdrink het, hoe sy hemel toe is, maar weer teruggestuur is aarde toe omdat haar lewensreis nie voltooi was nie. Dit was God se wil, want Hy het nog werk gehad vir haar wat afgehandel moes word.













