Description
Pakkend, leesbaar en propvol feite: Goed om te weet bevat alles wat ‘n ingeligte Suid-Afrikaner hoort te weet. Die bykans 3 500 artikels, spesiaal geskryf vir Suid-Afrikaanse lesers, is ‘n heerlike skatkis vol fassinerende feite wat in ‘n oogwink nageslaan kan word.
Omvattend, onderhoudend en – anders as met die soms lukrake inligting op die internet – volledig betroubaar.
• Met 13 afdelings – van politiek en geskiedenis, letterkunde, die kunste en filosofie tot die ekonomie, tegnologie, godsdiens en natuurwetenskappe
• Sowat 3 500 kort, insiggewende artikels, alfabeties per afdeling gerangskik
• Meer as 200 illustrasies
• Ruim kruisverwysings en ‘n omvattende register vir maklike naslaan
• Onontbeerlik vir leerders, studente – veral in joernalistiek en toerisme – en vir elkeen wat lekker wil saamgesels
HANS BUTTNER is ‘n bekende uitgewer en redakteur van niefiksie, met die Kennis-ensiklopedie onder die baie titels waarvoor hy verantwoordelik was. GEORGE CLAASSEN, die voormalige hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, is wetenskapsjoernalis en samesteller van Die groot aanhalingsboek.








