Description
In Gebed van die hart deur Willem Nicol leer ons dat God reeds in jou hart wag om jou met onuitspreeklike geskenke te oorlaai.
Een van die middele wat God gebruik om gelowiges se lewe al meer te vul, is die tyd wat ons in stilte alleen met Hom deurbring. Ons besige programme en ons malende en dwalende gedagtes gee ons nie kans om werklik ons gebede op God te fokus nie. Dit is ‘n algemene klagte… Die boek stof egter die ou-ou geheim af: Rus in God en wat Hy reeds in jou doen.















