Description
Die aardbewing kom sonder enige waarskuwing. Die een oomblik is alles stil en rustig, maar die volgende oomblik skud die aarde, en die wande van die smal rotsgang skeur en stort inmekaar onder die magtige aanslag. Groot granietblokke tuimel uit die dak neer en die mure van die gang vou inmekaar daaroor. ‘n Stuk vallende rots tref Tarzan teen sy kop en hy steier terug teun die deur na die skatkamer. Sy gewig du die deur oop en sy liggaam rol willoos oor die drumpel.














