Duet vir die Lewe is ‘n inspirerende dagboek vir jonk-van-gees paartjies van alle ouderdomme wat die uitdaging aanvaar om, te midde van ‘n verwarde wêreld, ‘n vervulde lewe in Christus te lei. Geskryf deur die bekende sangpaar Phillip en Ella Kotze, wat nie net lewensmaats nie, maar ook geloofsmaats is, bied hierdie boek leiding oor hoe paartjies mekaar kan ondersteun en help groei om al hoe meer soos Jesus te word.