“Die Soft Rock Klub is nie vir almal bedoel nie. Veral nie vir alle Afrikaners nie. Weet voor af dit is homo-erotiese stories. Dis is uitstekend geskryf, soms grafies, maar altyd met emosie en verbeelding. Vir die van ons wat self paar van die ervarings beleef het wat beskryf word, is daar ‘n mate van nostalgie, opwinding, maar ook soms die hartseer van herinneringe. As jy ‘n bisexual of gay man is sal jy die boek waardeer en die emosies ervaar en verstaan. As jy nie is nie is daar ‘n goeie kans dat jy nie sal kan identifiseer met die eensaamheid, desperasie, vrees, en plesier van die boekie nie, en dit nie ‘n aangename boek sal vind nie.” – Marinus op Goodreads.