Description
Die Mense Wat Nooit Vergeet Het Nie is Alexis Retief se derde bundel kortverhale waar daar diep in die psige van die mens inbeweeg word.
Dit is vol subtiele spanninge en teenstellings. Dit praat oor die teenstelling tussen die taal van die hart en die taal van die verstand, en oor hoe mense uiteindelik noot van die sterk onderstroom van die hart kan ontsnap nie, al wil hulle die lewe ook hóé bedink en beredeneer. Dit praat oor kind wees en oud word, en oor hoe die hart met baie paadjies terugloop na die begin.
Uiteindelik praat dit oor die allesomvattende teenstelling tussen lewe en dood: oor bestaan in tyd, die vasgroei van die hart aan die ritme van die lewe, en die saambestaan van groei, eindigheid en verval.
Met sy sin vir ritmiese variasie, skryf Alexis Retief op sy beste van die digste en mees intense prosa wat op die oomblik in Afrikaans gelewer word.



















