Description
Marnus, wat elf is, en sy negejarige suster Mirna leef in die twee-en-twintigste eeu. Met behulp van Horus, hul robot-maat, en sy ongelooflike tydmasjien, beleef hulle ‘n string wonderbaarlike wedervaringe.
Die Marnus en Mirna-reeks wil lees lekker maak. Elke fyn nagevorsde storie sal nie net die jong leser se belangstelling en verbeelding prikkel nie, maar hom ook opwindende kykies in die geskiedenis bied.















