Description
Bitterwater en Soetdoring deur Margaret Bakkes bring twee gewilde romans in een omnibus saam. Hierdie aangrypende liefdesverhaal strek oor twee generasies en ondersoek nie net romantiese liefde nie, maar ook vergifnis, medemenslikheid en die insig wat met lewenservaring kom.
Margo staan voor ’n moeilike keuse tussen twee mans: die een saggeaard en verstandig, die ander hartstogtelik en onstuimig. Wanneer sy uiteindelik haar hart volg, wag daar ’n pad vol uitdagings op haar. En hoewel geluk soms op die mees onverwagte plekke skuil, is dit nie noodwendig waar Margo of haar dogter dit sou gaan soek nie.





















