Description
Bambi en die Boef deur Anita du Preez is ’n romantiese storie vol skinderstories, liefdesverwarring en onverwagte komplikasies.
Bambi le Roux se lewe raak behoorlik deurmekaar wanneer ’n onskuldige guns vir ’n vriendin daartoe lei dat sy saam met die onweerstaanbare Louis by die Met afgeneem word. Skielik gons die stories by die werk en haar kêrel, Bertus, is allesbehalwe gelukkig. Nou moet Bambi kies tussen die gladde Louis, met sy twyfelagtige reputasie in die pers, en die welvarende maar ietwat vervelige ortodontis Bertus. Wanneer sy boonop vreemde geheime oor Bertus ontdek en hul verhouding lelik skeefloop, is dit juis Louis wat haar te hulp kan kom. Maar kan sy hom werklik vertrou?












