Description
Die mens het beperkings, maar ook sy ware grootheid. In Laat Vrugte is die boer, Oom Sybrand, koppig en baasspelerig. Hy stry teen die kragte van die natuur ter wille van sy aardse besittings. Hy offer liefde en geluk op deur sy vrou te verwaarloos en te verstoot en ook sy jong seun, Henning, te oorheers en verkleineer. Hy stry teen sy natuurlike veroudering. Sy vrou sterf en hy trou weer, maar met ‘n jong en gewetenlose weduwee. Hy word platgeslaan deur siekte, maar sy seun en dogter ondersteun hom en hy vind uiteindelik rus op die einde van sy lewenskringloop.
















