Description
Marga, dogter van die beroemde filmster Beau Delport, wil ook ‘n aktrise word. Sy wil ook wegkom van die rykmanslewe, die gewone wereld leer ken en vriende maak, veral mansvriende.
Sy pak ‘n avontuur aan, ver van die huis, en begin werk as winkelassistent by ‘n eksklusiewe mansklerewinkel.
Die personeel wil haar egter aanvanklik nie aanvaar nie en sy raak in rusies betrokke met die ander meisies. Selfs met die nuwe mansvriende ondervind sy probleme, want daar is te veel van hulle: Darius, Sias, Clement, Charl – en die geheimsinnige Sebastian Nel.
Sy het gewag vir ‘n prins om haar te kom haal, maar al wat oorbly, is elf pragtige rooi rose… wat later verdroog en verdor. Gaan sy ooit die twaalfde roos kry? Gaan haar prins dit vir haar bring, of is sy die verkeerde Aspoestertjie in die regte verhaal?







