Bedonnerde Diva – Sophia Kapp

R120,00

Hierdie kopie is soos nuut.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
LekkerLees

5.00

(1 Review)

Description

In Bedonnerde Diva deur Sophia Kapp, stap 44-jarige Simoné vir die tweede keer uit ‘n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is ‘n bedenklike verlede, ‘n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos ‘n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is.

Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan ‘n loopbaan, ‘n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar.

Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.