Description
Godsdiens wat werk maak ‘n bestel-opname van die godsdienstige komponent van ons lewe.
Herken jouself in skrywer Willem Nicol se skerp tipering van drie groot geestelike strominge wat die Christene in ons land kenmerk: die charismate, die gereformeerdes en die evangelies-gesindes. Kyk objektief na jou eie uitleef van jou geloof. As ‘n mens nie bereid is om krities, nugter en gebalanseerd oor jou godsdiensbelewing te dink nie, se Nicol, tas jy jou eie integriteit aan en verlaag jy die gehalte van jou geloof.
‘n Merkwaardig eerlike boek. Die skrywer gebruik talle oortuigende stories van werklike mense uit die paar dekades van sy ervaring as pastor en studenteleraar om te wys hoe groot die verskeidenheid van mense se belewing van God is.











