Jou kind en verlies – Solet Scheeres

R199,00

Hierdie kopie is splinternuut!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart
SKU: MB166 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Description

’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou. Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf.

Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.