Description
In Jesus Se Voetspore vertel die kragtige verhaal toe Bruce Marchiano die rol van Jesus vertolk het in ‘n trefferfliek wat deur die Suid-Afrikaanse regisseur Regardt van den Bergh gelei is.
Beleef Marchiano se emosionele reis as jong akteur totdat hy die rol gekry het. Marchiano ontdek Jesus se deernis, lewensvreugde en diepe liefde. Dit verander sy geloof, prioriteite en uitkyk op die lewe.
Die boek bevat ook pragtige foto’s wat geneem is tydens die verfilming.



























