Omnibus 3 – Wilna Adriaanse

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format           :       Paperback/Sagteband
Book Condition      :        Like New
No. of pages            :         506
ISBN Code              :         978-0-624-05385-9
Barcode                   :         9780624053859
Publisher & Date   :         Jasmyn in 2011

Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 3 sluit drie liefdesverhale in:

Die wingerd sal weer bot (2000): Juliétte de Villiers bly aan as wynmaker op die plaas Lavardin nadat sy van die eienaar se seun, Bertus, geskei het. Bertus, wat ‘n ontstandvastige karakter is, het haar verlaat toe sy swanger geraak het en hy in daardie stadium nie kinders wou hê nie. Na ‘n paar jaar keer die De Villier’s se oudste seun, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas by sy pa oor te neem. Juliétte vermy kontak met Conrad en ervaar steeds die pyn van Bertus se verwerping van haar en hul tweeling en weier om haar weer aan enige iemand bloot te stel. Maar daar is ‘n romantiese vonk tussen haar en Conrad …

Liefde is ‘n kleur (2004): Emma Hofmeyer sukkel lank na haar vernederende egskeiding steeds om die stukke van haar lewe weer bymekaar te kry. Sy was net agtien maande getroud, maar die uitwerking daarvan duur veel langer. Nie eens die vooruitsig om saam haar beste vriende in die Alpe te gaan ski, kan haar opgewonde maak nie. As Emma gehoop het om wonde te heel gedurende die vakansie, word haar hoop gou verydel. Niks kon haar voorberei het op die teenwoordigheid van Thom Murray nie. Hy was haar groot jeugliefde, maar ook die man wat haar hart gebreek het.

Brug van woorde (2004): Magriet Vosloo is ‘n aantreklike ses en dertigjarige vrou wat alles het waarvan ‘n vrou kan droom – ‘n aantreklike, susesvolle en baie welvarende man, twee oulike seuns en meer as genoeg geld en tyd. Maar pleks van tevrede en dolgelukkig wees, is sy sielsongelukkig want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Hy is feitlik nooit tuis nie. Daarom besluit sy dis beter dat hulle vir ‘n rukkie apart van mekaar woon. Toe begin sy navorsing doen vir ‘n artikel oor Afrikaanse kletskamers, oftewel chat rooms – haar kinders dink sy is simpel om te praat van kletskamers – en ‘n hele nuwe wêreld gaan vir haar oop. Boonop ontmoet sy ’n baie gawe kletsmaat, ‘n man wat haar so goed verstaan …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.