Omnibus 7 – Sarah Du Pisanie

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format          :        Paperback/Sagteband
Book Condition     :         Good
No. of pages           :         502
ISBN Code              :         978-0-624-05782-6
Barcode                   :         9780624057826
Publisher & Date   :         Jasmyn in 2002

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 7 met drie lekkerlees-liefdesverhale

My hartjie, my liefie (1984): Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ‘n onderwyspos op so ‘n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ‘n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy, haar goedjies in ‘n japtrap gepak en teruggekeer huis toe … na Pieter toe.

Die voorskootbataljon (1984): Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

Fort van die kappiedraers (1985): Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ‘n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief … dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug … op pad na ‘n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.