Description
Omnibus 8 sluit drie pragtige liefdesverhale in deur ons boeiende skryfster, Louisa du Toit (Engela Linde)
Waaisand (1990): Berna Joubert, ‘n jong weduwee, weier om aan die eise van haar wellustige werkgewer toeo te gee, en word terstond afgedank. Sy sien nie kans om haar na haar onsimpatie3ke skoonouers te wend nie. Terwyl sy radeloos op die sypaadjie staan en wonder waar sy en haar tweeelingkleuters ‘n heekome moet vind, loop sy byna per abuis onder ‘n voertuig in. Hierie byna rampsoedige tree plaas haar nietemin aan die begin van ‘n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie.
Oorkant op die eiland (1978): Janetta en Isidor Eksteen, haar studentekêrel, n eem haar ouers Kaapstad-lughawe toe. Gert en Corrie Pullen is op pad oorsee, en Janetta gaan tot net voor Kersfeees saam met Isidor na sy ouerhuis ten die Orangerivier. Die jonger Carola bly by ’n vriendin. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sal Janetta meermale wonder of haar ma ‘n voorgevoel gehad het. Want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. Sy lei af dat die Kramers wat op die eiland woon, daarby ingevleg is. Waarom is Isidor so hatig op die aantreklike Arnold Kramer? Waarom gaan Isidor se ma, Helena, graag eiland toe terwyl Otto, sy pa, almal daar probeer weghou? Gee Isidor meer om vir die ongetemde Morenda Saayman? Bowenal: is haar lewe in gevaar?
Die uurglas wentel (1980): Victorina, heet die iewat verwaarloosde maar steeds sierlike woning waarin die bewoners met hulle intense probleme worstel. Hannes Moorrees drink by tye te veel sedert hy van sy beeldskone vrou, Agnes, vervreemd geraak het. Sy seun, Frankie, ly erg onder die toedrag van sake. Camelia, die jonger suster, het Lieberville se skindertonge aan die praat oor haar vermeende verhouding met ‘n getroude man. Beth, die middelkind, is nie sonder haar eie probleme nie. Hoe kan sy die liefde beantwoord van ‘n man soos Flip Rabie, die wewenaar-onderwyser wat skynbaar die rede vir die breuk tussen Hannes en Agnes was? Dan word die uurglas omgekeer, en daarmee saam almal se lewe.











