Omnibus 40 – Ena Murray

R150,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Like New
No. of pages : 404
ISBN CODE : 0-624-04127-1
Barcode : 9780624041276
Publisher & Date : Jasmyn in 2003

Book Condition: Like New
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 40 drie prag verhale uit die pen van Ena Murray

Sonneblomstraat 7 (1993): Geen glinsterlewe meer vir Niel en Wanya Cloete van Sandton nie. Rock Trust, wonderkind van die finansiële beleggingswêreld, se kaartehuis tuimel ineen en grootbaas Niel se dobbelspel met miljoene word ontmasker. Terwyl Niel in die tronk sit, moet Wanya die gelag betaal. Sy gryp na drank om die eggo’s van histeriese skel-oproepe uit te doof. Daarop volg ‘n dolle jaagtog, die geluid van glassplinters wat deur ankerlose siel skerf, die kind wat met sy lewe moet betaal. Ook agter Wanya klap tronkdeure toe … Haar straf? Gemeenskapsdiens in tan Bes, beskermengel van die armes, se sopkombuis in Jan Hofmeyr. Sonneblomstraat 7 word vir Wanya ‘n hawe waar geluk in gee en omgee lê. Roelof Rossouw, haar maatskaplike werker, het ongesiens, ongevraag, haar hart binnegesluip. Maar sy vrou, Elsa, leef nog – al is dit as waspop met breinskade in ‘n inrigting …

Die dae van ons nietigheid (1985): Die probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, ‘n gekurfde droom … maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie. Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand vir ‘n tradisionele huwelikslewe. Eers na tien jaar kruis hul paaie – en swaarde – weer wanneer Fritz Hancke, skatryk boer en pasiënt van Willem, in ‘n stadshospitaal beland. Haar diagnose: kwaai griepaanval en bloeiende maagseer. Sy diagnose: Kongokoors. Saal B3 word onder kwarantyn geplaas, so ook Lizl. Een verkeerde diagnose, en skoppensboer se lag klink skel in haar hospitaal, haar gewete, haar hart. Soveel lewens kom op die spel.

Die uurglas loop leeg (1986): As dr. Arnold Lutz net nie getroud was nie. As sy vrou, Odelia, net nie verlam was nie … Karien Saayman swig voor sy don Juan-glimlag en raak vasgevang in ‘n onmoontlike web van omstandighede. ‘n Huwelik met Hannes Eksteen word ‘n reddingsboei uit die stormwaters van begeerte. Want Karien, altyd so op koers, se kompas kantel. Die stilvloeiende stroom van haar huwelik met die jong boer van Franskraal word ‘n bruisende maalkolk wanneer Hannes amper in twee gekloof en ontman word deur ‘n lusernlem. Wonderdokter Christian Willems red sy lewe – maar nie sy manwees nie. Ook Christian se kompasnaald begin onbeheers swaai. Want Karien word meer as bloot ‘n pasiënt se vrou. En Odelia sterf uiteindelik – dit beteken Arnold is ‘n vry man.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.