Omnibus 33 – Ena Murray

R190,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 441
ISBN CODE : 0-624-038122
Barcode : 9780624038122
Publisher & Date : Jasmyn in 2000

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Ena Murray se Omnibus 33 se Paradys-sage is ‘n familieverhaal wat oor vier geslagte strek en enige hedendaagste TV-sepie die loef sal afsteek wat betref rykheid aan intrigue!

Die dieper droom (1986): Toe Midas Hammond, die geldkoning van die dobbelstad Babel, deur ‘n hartaanval platgeslaan word, besef hy dat sy lewe bitter arm is aan liefde. So eensaam voel hy, dat hy ‘n landwye soektog loods na die kinders uit sy jeug-huwelik – kinders wat hy skaars kan onthou, maar wat hy nou met ‘n allesveterende passie wil vind, ongeag wie of wat hulle geword het in die twintig jaar sedert hy hulle laas gesien het. Hy vind hulle wel, maar wonder of dit nie tervergeefs is nie, want sy dogter Zia is sterwend en sy seun Sean, alias Vegter, is vasgevang in ‘n skemerwêreld van bendes, gesellinklubs, foonsnolle en hawehoere…

Huise van klei (1987): Elise, ‘n Kaapse hawehoer wat tot inkeer gekom het, vertrek na Paradys, die Karooplaas waar sy grootgeword het, maar keer kort voor lank weer terug. Sy het die fout gemaak om teenoor Helgard, die jongman wat op haar verlief geraak het, te bieg oor haar verlede…

Soekers na die son (1988): Toe ou Nols Retief, die patriarg van Paradys, op rype ouderdom sterf, is almal hartseer maar geensins verbaas nie, want hy het ‘n vol en regverdig lewe agter die rug – daarvan kan sy seuns Helgard en Arnold, en sy skoondogters Elise en Rita en ook hulle kinders getuig. Maar op die dag dat sy testament gelees word, bars die bom.

Terug na Eden (1988): Nols Retief se kleinkinders kry swaar: Nols junior, wat die pad gevat het ‘n week na sy oupa se testaments gelees is, kruip nou – vier jaar later – stees in Midas Hammonds se dobbelstad weg. Janneman, wat met Nols se verloofde getroud is toe hulle ontdek het die is swanger, sit nou opgesaal met ‘n terminale siek kind en ‘n vrou wat haar hele lewe wy aan die versorging van die arme mensie. Isabé, wat ‘n uiters belowende verpleegloopbaan in die stad gehad het, plak nou pleisters op die kinderhuiskinders se neraf knieë…

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.