Omnibus 22 – Ena Murray

R140,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 379
ISBN CODE : 0-624-03372-4
Barcode : 9780624033721
Publisher & Date : Tafelberg UItgewers in 1995

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 22 sluit drie prag verhale in deur een van die mees gewildse skrywers in Afrikaans:

‘n Vrou soos Salome (1976): Salome Truter, liefling-ster van die sangverhoog, verleen glans aan enige geleentheid – of dit nou op die verhoog of by ‘n rykmansparty is. Dit besluit die joernalis Jaco Retief toe hy tydens so ‘n party verveeld tussen die kunstenaars en snobistiese ondersteuners van die kunste ronddwaal en haar eenkant sien sit. ‘n Vreemde weerloosheid in haar andersins gesofistikeerde houding val hom op. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ‘n vriendskap begin tussen hulle groei. Dis teenoor hóm dat Salome vir die eerste keer openhartig oor haar persoonlike lewe praat. Hy besef sy eerste indruk was reg: onder die betowering van haar openbare beeld skuil daar oneindige hartseer…

Twee paaie na Khuanal (1983): Anel Bredenkamp kan nie verstaan waarom twee mans skielik so geretig is om haar Bosvelplasie te koop nie. Ten einde raad stel sy haar vennoot in Beheer van hul boetie ken pad duie tog Noorde troe vrou-alleen aan – sonder om enigeen te laat weet dat sy op pad is. Maar haar verrassingstaktiek boemerang lelik toe sy haar eers vasloop in die moordlustige Emile Koster, en kort daarna ontdek dat sy die enigste gas op Gus Guthrie se safariplaas is. Toe Emile een aand onverwags in haar rondawel verskyn en eers haar nek wil omdraai en haar toe deeglik soen, ruik Anel gevaar. Wie is bongenoot en wie vyand? Dat sy alleen staan in die onheilspellende boswêreld waar ook die duiwel self – in die gedaante van Hazel de Nova – ‘n sinistere rol speel…

Verwonde jare (1986): Daniël Pohl se wêreld spat aan skerwe met die verskyning van ‘n skokkende nuusberig: ‘n Middeljarige man in ‘n silwergrys Mercedes het op straat ‘n onwelvoeglike voorstel aan ‘n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël Pohl is dieselfde middag in sy silwergrys Mercedes in die omgewing van die voorval opgemerk, en word hy as verdagte by die Houtbrug-saak betrek. Sy vrou en kinders, sy vriende en sy advokaat, almal probeer ‘n sinvolle verklaring vind. Hy hou vol dat hy onskuldig is. Maar hoe kan dit opweeg teen al die feite? In die gevangenis is dit die aantreklike psigiater, dr. Elma Neethling, wat daarin slaag om deur sy kors van verbittering te dring. Verwonde jare is op ‘n werklike voorval gebaseer.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.