Omnibus 18 – Ena Murray

R150,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 342
ISBN CODE : 0-624-02938-7
Barcode : 9780624029380
Publisher & Date : Tafelberg UItgewers in 1993

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

In Ena Murray se Omnibus 18 toon Ena Murray weer hoeveel insig sy het in die liefde tussen mense, en met hoeveel begrip sy die skadukant daarvan kan uitbeeld.

Diena van Die Eike (1983): Diena van Die Eike – so ken almal op Burgershoek haar, die vrou met die losieshuis op hierdie afgeleë dorp. En dis die somtotaal van wat sy hier geword het – weg van die hoofstroom van die lewe, buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang. Tot die dag dat Melt Brink weer op haar drumpel staan. Toe wéét sy: die verlede, in die persoon van die briljante geneesheer, het haar ingehaal.

Soveel blye dae (1972): Vir Adri Rossouw breek daar ‘n dag aan wat sy nooit sou wou beleef nie, ‘n dag waarin alles omtrent haar vol en gelukkige lewe saam met haar man, Marinus, verander. Want ‘n blondekopmeisie staan op ‘n oggend in haar voordeur met die woorde: “Ek verwag ‘n kind van jou man, mevrou.” Hoe leef ‘n vrou voort wanneer alles binne haar gesterf het? Hoe herwin sy respek vir haarself en vertroue in haar medemens? Hoe beveg sy die bitterheid? Deel van die Antwoord is: nie alleen nie, en deur die Genade is daar ook vir Adri ‘n helpende hand, en ‘n skouer om op te huil.

Helder is die nag (1984): Die knap jong dokter Hugo Serfontein is ‘n gelukkige man. Hy is verloof aan die beeldskone Roelien Keulder, ‘n ryk en invloedryke meisie met al die regte verbintenisse, en die toekoms lyk rooskleurig. Dan tree die noodlot in. Ná’n laatnagpartytjie, op pad hospitaal toe, is daar skielik ‘n meisie op ‘n fiets wat hy nie raakgesien het nie, onder sy motor. Wat Roelien bloot ‘n “ongelukkige voorval” noem, ontwillig om toe te laat dat dit hul toekomsvertroebel, word vir Hugo ‘n Damaskuspad-ervaring. Hy kan Andrit, blind en verlam weens die ongeluk, nie van sy gewete kry nie. Hy neem haar in sy sorg en wy hom so ernstig aan die taak dat Roelien baie opstandig raak daaroor.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.