Omnibus 4 – Ena Murray

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Sagteband
Book Condition : Good
No. of pages : 501
ISBN Code : 0-624-04247-2
Barcode : 9780624042471
Publisher & Date : Jasmyn in 2004

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 4 sluit vier prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.

Die kluisenaar van Abendruhe (1971): Thero van Zyl, beeldskone maar bedorwe sosiale vlinder met ‘n geheimsinnige kwaal, is verplig om die eksentrieke kluienaarsdokter in die Drakensberge te besoek. Magriet, haar plat-op-die-aarde niggie, moet saam. Alte gou besef Magriet dat dokter Emile Fraser geen speletjies duld nie. Of so dink Magriet – totdat sy gewese liefde, Alta Eksteen, en haar seuntjie by die hospitaal opdaag…

Tweestryd op Blye Vooruitsig (1971): Na jare van vervreemding beland Maddaleen Retief weer op haar oupa se plaas – danksy ‘n brief van sy dokter, Francois Dumas. Maddaleen raak verstrengel in ‘n bitter tweestryd tussen Francois en Simon van Marq – om die verwaarloosde Grasbult, en beslis nie om haar nie! Sy besluit om die plaas self reg te ruk, al weet sy niks van boerdery af nie. Maar met Simon se duister motiewe het sy haar heeltemal misgis…

As die wiel draai (1971): Toe die ryk Killians van Ebenhaeser bankrot raak en eindelik hul erfgrond, Ebenhaeser verloor, stort al Charlene se lugkastele vir haar toekoms in duie. Maar daar is hoop: Charlene enhaar pa kan terug na die plaas – as bywoners. So draai die wiel, so word die rolle omgekeer. Want die Killians trek nou in die bywonershuisie in. En Henk de Beer, eertydse bywonerseun, is nou die eienaar van die plaas.

Bring dan jou offer (1971): Soveel mense, soveel grense… Aan die een kant, Ninon Weyers, naïwe kelnerin by Swanepoel en Kie. se restaurant. Oorkant die grens van snobisme en groot geld, grootbaas Bertram Swanepoel. Nie een van die twee nie, selfs nie eens Tinus, die Swanepoels se kroonprins en sjarmante rokjagter met sy bedrogskemas weens dobbelskuld nie, sou ooit kon droom: liefde breek so baie grense af – selfs dié tussen ryk en arm, waarheid en leuen.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.