Description
Verlief en verlore op Marion deur Elza Rademeyer is ‘n verhaal propvol romanse en intrige.
Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin na Nieu-Seeland vaar, raak tydens ’n hewige storm onklaar, en die volgende wat Louise weet, is dat sy dodelik siek is en haar tussen ’n spul bebaarde gomtorre op Marion-eiland bevind. Wie ís hulle, en waarom is veral een van hulle so onwillig om te glo dat sy nié ’n spioen is nie?



















