Description
In Vergenoeg verloor ‘n ma haar stryd teen kanker. Haar twee uiteenlopende dogters staan haar by op haar sterfbed in haar eie huis. San was altyd haar spogroos en Bella haar eksotiese orgidee, die een altyd voorbeeldig, die ander het al in haar wiegie besluit sy verkies sigarette bo melk. ‘n Boek wat jy nie kan neersit nie, en ook nie vergeet nie.



















