Description
Tuis – Doen Dit Self is ’n Afrikaanse selfdoenboek met 35 praktiese projekte om self items vir jou huis te maak. Die boek bied idees vir projekte soos ’n koffietafel, swembadpompomhulsel, huisie, medisynekassie en bababed.
Met stap-vir-stap selfdoenprojekte bied hierdie boek inspirasie vir kreatiewe lesers wat graag self dinge maak en praktiese verbeterings aan hul huis wil aanbring.





















