Description
Stroomop deur Harald Pakendorf is ’n persoonlike terugblik op die politieke spanning en magsverhoudings tydens die apartheidsera in Suid-Afrika. As redakteur van Oggendblad (1972–1979) en Die Vaderland (1980–1986) het Pakendorf hom herhaaldelik teen die woede en inmenging van politieke leiers soos John Vorster en PW Botha vasgeloop. Sy liberale redaksionele standpunt en bereidwilligheid om ook oor ANC-beleidstandpunte verslag te doen, het hom in konflik met die bewindhebbers gebring.
Met onthullende herinneringe aan telefoontjies van ’n eerste minister, dreigemente deur kabinetsministers en die politieke druk op die pers, bied Pakendorf ’n blik op die gebeure agter die skerms van politieke mag. Dit is ’n fassinerende persoonlike weergawe van ’n onstuimige tydperk in die land se geskiedenis, vertel deur ’n joernalis wat dikwels teen die stroom moes swem.






























