Description
Omnibus 7 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.
Paspoort na gevaar (1975): Nicolette de Lille, fyn Franse voëltjie in ‘n vergulde kou van aristokrasie, vlug na die Kaap die Goeie Hoop. Want sodra sy haar vlerkies wil toes, vlieg sy vas teen die sporte van die moets en moenies aan die Franse hof. Erger nog – sy moet met ‘n Franse laventelhaan trou. Aan die Stormkaap wat ‘n soortgelyke dilemma op die vorige rooikop. ‘n Huwelik is haar enigste paspoort tot wettige verblyf. Maar hoe moes sy weet dat hierdie man, eens so gewild aan die Franse hof, tot ‘n buffel ontaard het? Nicolette glo dat geen man haar kan tem nie. Die liefde kan ‘n vrou egter ‘n dubbel rol laat speel. Dit kom die geheimsinnige gemaskerde Rooi Vlag gou agter…
‘n Bruidegom vir Lille (1978): Haar tant Josephine stel Lille Jacquard voor ‘n ultimatum: trou met Philippe Bidault êrens in die Kaapse Oosgrens, of verbeur jou erfporsie. Wanneer die trots een impulsiewe Lille graaf Renéde Louvois op ‘n kasteelbal tot ‘n tweegeveg uitdaag, raak sy al meer in ‘n web van leuens verstrik.
Martelmars van die noodlot (1974): Die Johannes strand aan die kus van Afrika. Enersyds begin ‘n martelmars om oorlewing deur ‘n groen hel na Mosambiek; andersyds word laag op laag vernis genadeloos van elke oorlewende afgeskil om die mens van sy masker te stroop. Conchita Domecq, aristokraat vol polsende lewe en hartstog, se huwelik met die middeljarige Vasco is ‘n nagmerrie. Selfs al sou hy op hierdie dodemars sterf, verdoof die standverskil die lokstem van die liefde tussen die rykmansvrou en die blonde matroos Francisco Vas d’Almada. Tevergeefs bou Conchita steen vir steen ‘n muur van ondeurdringbaarheid om haar hart, terwyl die jalousie soos ‘n hoogoond in haar brand…













