Omnibus 7 – Elza Rademeyer

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Softcover
Book Condition : Very Good
No. of pages : 512
ISBN-13 : 978-0-624-06821-1
Barcode : 9780624068211
Publisher & Date : Jasmyn in 2014

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 7 van ’n immergewilde skrywer se werk bestaan uit drie liefdesverhale

Storms van die liefde (1995): Telkens as Esbeth Wilcock sien hoe die wind ‘n swaar misbank oor die hawe van Mosselbaai stoot, herinner dit haar aan één ding: haar man, Richard, wat as passasier in ‘n ligte vliegtuig vertrek het. Nou, vyf jaar na Richard se verdwyning, verskyn Gustav Opperman op die toneel. Die twee mans lyk so baie na mekaar. Is hy nie dalk Richard wat aan geheueverlies ly nie? Wanneer Esbeth hierdie aantreklike, arrogante vrouejagter begin liefkry, waarsku almal haar. Van Gustav se gewese vrou, Selma, tot De Wet Barnard, wie se hand Gustav in die as slaan. Volgens Selma stel Gustav net in Esbeth belang omdat haar seuntjie ‘n plaasvervanger vir sy gestorwe kind kan wees.

Die seewind se lied (1996): Dis die liefde wat Elmien Maritz se ma halsoorkop laat trou met ‘n vreemdeling – Schalk Schoeman. Boonop binne gemeenskap van goedere. Eers toe hy in ‘n motorongeluk sterf, ontdek hulle sy bedrog en berge skuld. Daarom is Elmien hier in die hartjie van die Desembervakansie op Hartenbos om Schalk se duistere finansiële geskiedenis te ondersoek. Schalk het gesê sy ma is lank reeds dood. En hier ontmoet sy haar: die lieftallige tant Mienie Schoeman. Behoort die huis aan háár of aan Schalk? Langsaan bly Wynand Bresler, en Elmien som hom as verwaand op. Hy, weer, beskou haar as sinies en aartsfortuinsoeker. Dis die begin van ‘n reeks misverstande.

Spoelklippies in stormwater (1998): Karlientjie Strauss weet nie die kant toe of daai kant toe nie. Hier staan sy op trou met Willem Potgieter, die nuwe eienaar van hul buurplaas, en sy is nie eens lief vir hom nie. As haar oupa Sukkeljan se plaas Sonderwater net nie afhanklik was van Willem vir die voorsiening van water nie, het sy die mansmens lankal na sy peetjie gestuur. En nou staan en kompliseer haar tante se stiefseun, Hugo Burger, sake nog meer deur drie weke lank op Sonderwater te kom vakansie hou. Sy moet erken, Hugo is deksels aantreklik. En hy laat haar nie ongemaklik voel soos Willem nie. Hy hanteer haar soos ‘n dame en hy laat haar lag – veral wanneer hy sy stadsjapie-streke begin uithaal. Sy wens net hy wil nie elke keer so diep in haar oë kyk nie …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.