Description
Die sage van die Bassons en die Baumanns, twee boeke in een volume
Ver vlug na môre, (1981): Eugene Basson word genoop om ‘n vlug na Holland te onderneem om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Eljse – Elsje wat met sy aangenome broer, Peet Baumann, getroud is. Gou ondervind hy egter dat die liefde nie ‘n gelyk pad loop nie, want in Leiden ontmoet hy vir Sylvie Bosman, wie se persblou oë ‘n storm in hom ontketen. Maar Sylvie is ‘n getroude vrou…
Met vandag se brood, (1982): Renier, die jong dominee op Petrusdal, is vasgevang tussen sy verstand en sy hart: moet hy vir Petra, die stemmige dogter van Peet Baumann, as sy vrou neem terwyl sy hart smag na Vasti, aangenome dogter van Eugene Basson, beeldskoon en met ‘n stem soos ‘n nagtegaal? Moet hy tevrede wees met vandag se brood, of durf hy na meer verlang?












