Description
Omnibus 23 sluit drie liefdesverhale in deur een van die mees gewildse skrywers in Afrikaans
Die ryper jare (1976): Amanda Conradie, mannekyn by die bekende Günther-modehuis, kan nie verstaan waarom haar ma skielik so anders is nie. Haar iewat verwaarloosde maar immer blymoedige Mans het skielik ontluik in ‘n pragtige vrou met ‘n vonkel in die oog. Nog minder verstaan sy waarom Raul Günther, haar baas en die man wat haar hart verower het, nou skielik so afsydig is. Wat is dit wat hom ure lank so ingedagte laat sit en broei? Die ouderdomsverskil tussen hulle is tog nie so groot nie. Maar dan laat Drew, haar fotograaf-broer, iets glip… Is dit moontlik dat dit oor haar ma is dat Raul so sit en tob? Maar Mams is dan al behoorlik middeljarige… en sy is steeds getroud met hul tronkvoël van ‘n pa!
En die verlange bly (1985): Op Nglangani, ‘n wildsplaas so mooi soos ‘n paradys, luister Wouda beangs na die naggeluide. Soos elke aand sedert sy as Nak se bruid hier aangekom het, is sy alleen in die rondawel. Hoe is dit moontlik dat Nak so verander het? Dit was immers hy wat as kaalvoetseun reeds vir haar gesê het: “Ons twee gaan eendag trou.” En sy wat haar neus opgetrek het met: “Jy ios seker besimpeld!” En jare lank was dit haar houding teenoor hom. Sy was Wouda Kellerman, gewoond aan weelde, die sosiale vlinder met meer as genoeg suksesvolle, ryk mans wat om haar draai. Maar toe die groot resessie feitlik oornag ook vir haar en haar ouers armoede bring, was Nak haar enigste toevlug. Hy kon haar geluk bied, selfs liefde. Tot daardie nag, hul huweliksnag…
Die man met die geel oë (1985): Volgens die hoogs vertroulike inligting in major Brand Böhm se persoonlike leer is hy uitstekend in alles wat hy doen. Hy is, word daar op ministersvlak besluit, ‘n man met daardie “iets” wat onontbeerlik is in ‘n geheime agent. Hy is die ideale man. Die een wat hulle moet hê. “Jy gaan man-alleen optree,” lig die groep van vyf hom in. En dan ontvang die toekomstige Suid-Afrikaanse James Bond sy eerste opdrag: om die nag saam met ‘n vrou van sy keuse die stad rooi te verf – op staatsonkoste – en om hom só swak te gedra, hom só te buite te gaan, dat hy summier die volgende dag sy oneervolle ontslag uit die Weermag sal ontvang. As metgesel vir die laaste aand van sy lewe as Brand Böhm, kies hy Weza de Groote, die mooi regstudent wat na die nag vir ewig uit sy lewe moet verdwyn…













