Omnibus 2 – Wilna Adriaanse

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format           :       Paperback/Sagteband
Book Condition      :        Like New
No. of pages            :         512
ISBN Code              :         978-0-624-04930-2
Barcode                    :        9780624049302
Publisher & Date   :         Jasmyn in 2010

Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 2 met drie liefdesverhale:

‘n Heildronk op die liefde (2002): Nicolene du Toit kom van Londen af – waar sy as sjef by ‘n restaurant werk. Sy is bly om haar jeugvriend, Jacques Roux, weer te sien. Die Rouxs en Du Toits is al baie jare bure en die ouers het nog altyd gehoop dat van die kinders met mekaar sou trou, maar dit het nooit gebeur nie. Nou is daar net Nicolene en Jacques oor. Hy is ‘n baie aantreklike en gesogte vrygesel en het altyd ‘n meisie op sleeptou, soos Nicolene dit stel. En hulle is altyd blond. Hierdie keer is nie ‘n uitsondering nie. Die dorpenaars bespiegel dat Jacques en die beeldskone Mariaan Kersfees sal verlooof raak. Nicolene kan nie begryp waarom Jacques se gekorswel en aanrakings haar so ontstem nie. Toe hy haar een aand soen, is die gort gaar …

Serenade vir ‘n nagtegaal (2004): Na vyf jaar se harde werk is Ann eindelik klaar met haar musiekstudie. Sang is haar is haar hele bestaan, en Carl, haar sangdosent, die liefde in haar lewe. Haar ouers se geskenk aan haar – ‘n twee weke lange Europese toer – kon egter nie op ‘n meer ongeleë tyd gekom het nie. Dis dan kort voor die Kersuitvoering waarvoor sy so lank voorberei het! Carl verbreek summier hul verhouding en Ann vertrek op reis met ‘n gebroke hart. Om alles te kroon is daar ‘n donkerkopman op die Suidooster-toer, ‘n “perdedokter” wat haar letterlik oor haar eie voete laat val en g’n greintjie deernis toon vir haar gekneusde ego nie.

Hande wat heelmaak (2005): Nadat sy twee jaar in Engeland was, keer Libby Malherbe na haar tuisdorp en haar pos as fisioterapeut terug. Een van haar pasiënte is die vyfjarige Nikolai, wat met ‘n beenbreuk in die hospitaal lê. Sy ouers het verongeluk, en nou is hy in die sorg van sy oom Andrew, die nuwe ortopeed. Andrew sukkel nog om gewoond te raak aan sy verantwoordelikheid as pa en die nuwe omgewing. Libby ervaar hom as stug en afgetrokke en beslis nie die laggende student met die broeiende oë op wie sy as tiener so verlief was nie. Maar soms kan ou gevoelens herleef …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.