Omnibus 11 – Ena Murray

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Sagteband
Book Condition : Very good
No. of pages : 504
ISBN Code : 0-624-04449-1
Barcode : 9780624044499
Publisher & Date : Jasmyn in 2006

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

In die drie romans in Ena Murray se Omnibus 11 word die sluier gelig op avonture en liefdesintriges van eeue gelede.

Die Spookvrou van Santa Catalina (1980): Speel af in die laaste helfte van die sewentiende eeu. Engeland en Spanje is in oorlog gewikkel. Charles die Tweede se beroemde boekaniers saai verwoesting onder die rykbelaaide Spaanse vragskepe. Dis teen boekanier en seerower dat die vurige en avontuurlustige Juanita de Ramiro, oftewel die “spookvrou”, die stryd aanknoop. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemaning verneder, begin sy beheer verloor… oor haar hart en oor haar lewe.

Roep van die naguil (1981): Die toneel verskuif na die Kaap de Goede Hoop en die grasieuse lewenstyl van diétyd. En dis hier waar die gemaskerde dief bekend as die Naguil ‘n skrikbewind voer. Een aand tydens ‘n swierige bal in die Kasteel, kruis die Naguil se pad dié van die beeldskone Marlaine Fouché. Later tgrou sy met ‘n man wat dalk die Naguil kan wees. Hoewel sy hom nie vertrou nie, weet sy dat sy sy soene en soekende hande tot elke prys moet vermy…

‘n Bruid vir graaf Debussy (1982): Graaf Gustave Debussy wil ‘n erfgenaam hê. Daarom stel hy ‘n ultimatum aan sy seun, Jean-Paul: hy moet binne ‘n maand ‘n aanvaarbare bruid aan hom voorstel, anders word hy onterf. Een stormnag ontmoet Jean-Paul vir Simone in ‘n herberg – en hier begin een van die stormagtigste fases van sy lewe…

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.