Omnibus 1 – Wilna Adriaanse

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format           :       Paperback/Sagteband
Book Condition      :        Good
No. of pages            :         510
ISBN Code              :         978-0-624-04805-3
Barcode                   :         9780624048053
Publisher & Date   :         Jasmyn in 2009

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 1 sluit drie liefdesverhale in

‘n Ongewone belegging (2001): Georgina Walters is rusteloos. Haar voete jeuk om weer die pad te vat – rugsak oor die skouer en verfkwas in die bladsak – maar sy is voos gereis, moeg vir vlug van haar hartseer herinneringe. Haar swaer se voorstel om kinderoppasser te speel vir ‘n baie, baie welgestelde vriend van hom se drie jong spruite is dus ‘n goeie oplossing vir haar dilemma. Net jammer die kinders se pa – dink klaarblyklik sy is nie opgewasse vir haar taak nie. Of speel hy doelbewus kat en muis met haar?

Alleenvlug (2002): Francis Malan glo nie aan ewige liefde nie. Vriendskap, ja, maar om jouself lewenslank aan iemand anders te verbind is darem te veel gevra. Haar verbintenis met die enigmatiese joernalis Michael Alheit is dus gewoon platonies van aard – ‘n gemaklike verstandhouding waarvan die grense duidelik afgebaken is. Maar hoekom hinder dit haar dat hy meisies soos posseëls versamel?

Die reuk van verlange (2003): Dit is al drie jaar sedert dr. Josslyn Neethling vroualleen omsien na ‘n sendinghospitaal op die afgeleëplatteland van Kenia. Na haar man, Pieter, se dood het sy besluit dis beter om terug te keer na die plek waar hulle aanvanklik so gelukkig was, iewers in die hartjie van Afrika. Maar dan daag dr. Adam Berkowitz op. Adam – haar eerste en eintlike enigste ware liefde. Natuurlik is hy nog net so arrogant soos destyds. En sy weet nie hoe om die hunkering te blus nie…

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.